Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 30 SEPTEMBER 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van 'n stille sleutel.

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Jan Krause, ZS6BHO op Maandag 24 September 2018 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus, vandag:

DIE SARL 80 M QSO GESELLIGHEID DONDERDAGAAND

DIE SARL EN AMSAT SA SE BHF/UHF WERKSWINKEL OP 20 OKTOBER

en

SARL LIDMAATSKAP JAARLIKSE HERNUWINGS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL 80 M QSO GESELLIGHEID DONDERDAGAAND

Die doel van die 80 meter QSO Geselligheid is om 'n belangstelling in en aktiwiteit op die 80-m-band te skep. Dit is slegs 'n foon kompetisie en duur vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 4 Oktober 2018. Slegs frekwensies in die segment 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz mag gebruik word, die segment 3 651 tot 3 699.99 is kompetisie vry. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-sein verslag en jou naam. Jy kan deelneem as 'n enkele operateurstasie of as kortgolf luisteraar (SWL).

Jy verdien 10 punte vir elke QSO met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte vir elke QSO met 'n stasie buite Suid-Afrika. Logstate SLEGS in MS Excel formaat moet ingedien word teen 11 Oktober 2018 per e-pos na 27796600008@vodamail.co.za. Let asseblief daarop dat die e-pos adres verander het! Moet nie die e-pos gebruik soos aangedui in die 2018-Kompetisie Handleiding nie.

DIE SARL EN AMSAT SA SE BHF/UHF WERKSWINKEL OP 20 OKTOBER

Die eerste in die reeks BHF/UHF werkswinkels sal Saterdag 20 Oktober by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou word. Die program en besprekingsvorm is nou beskikbaar vir aflaai. Volg die skakel vanaf die SARL-tuisblad of gaan na www.amsatsa.org.za. Die werkswinkel sluit onderwerpe soos baken koördinasie in, die bou 'n eenvoudige 3 cm-sender, Vliegtuig spreiding op 23 cm, Lineêre versterkers vir BHF en UHF en die RSGB Video oor meteoor- en tropospreiding.

EERSTE OPROEP VAN REFERATE VIR DIE 2019 RUIMTE-SIMPOSIUM

AMSAT SA het die eerste oproep uitgereik vir referate vir die 2019 AMSAT SA Ruimte Simposium wat op 16 Maart 2019 in Gauteng aangebied sal word. Voornemende skrywers word uitgenooi om 'n kort oorsig te gee van wat hulle van plan is om aan te bied na admin@amsatsa.org.za te stuur. Vir meer besonderhede, besoek www.amsatsa.org.za.

DIE ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING BUIS QSO GESELLIGHEID

Die tweede been van die ADV Buis QSO Geselligheid word op 6 en 7 Oktober aangebied. Die AM QSO Geselligheid is vanaf 13:00 tot 17:00 UTC op Saterdag 6 Oktober 2018 en die ESB QSO Geselligheid van 13:00 tot 17:00. : 00 UTC op Sondag 7 Oktober 2017. Aktiwiteit vind plaas op 40 meter: 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz en 80 meter: 3 603 tot 3 650 kHz.

Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001 en die tipe radio wat gebruik word, bv. HT37 TX. Die telling is gebaseer op jou radio - alle buis radios: 3 punte per kontak; Hibriede radios: 2 punte per kontak en Soliedestaat radios: 1 punt per kontak. Die logstate moet ingedien word teen Maandag 22 Oktober 2018 by andyzs6ady@vodamail.co.za. Sertifikate sal toegeken word aan die eerste drie plekke in elke kategorie - AM en ESB.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

SARL LIDMAATSKAP JAARLIKSE HERNUWINGS

Finale lidmaatskap hernuwings kennisgewings vir die boekjaar 2018/2019 is op Vrydag 14 September per e-pos gestuur en lede het positief gereageer met hul betalings. 'n Woord van dank aan almal wat hul lidmaatskap tot dusver hernu het. Vir diegene wat 'n eenmalige betaling moeilik vind en verkies om in paaiemente te betaal, kan hulle reël en bevestig deur 'n e-pos te stuur na admin@sarl.org.za. Die afsnydatum vir hernuwings is 30 September 2018.

Kelley by die NARS-kantoor het vier lidmaatskap-betalings ontvang met die woord "Membership" in die verwysingsveld en sy kan nie die betalings toeken nie. Kelley versoek hierdie vier persone om haar te kontak met 'n bewys van betaling en hul roepseine sodat sy die geld korrek kan toeken. Kontak Kelley by admin@sarl.org.za.

Wanneer jy 'n betaling maak, plaas asseblief jou roepsein in die verwysingsveld van die betaling.

DIE UITSLAE VAN DIE SARL NASIONALE VELDDAG

Die kompetisie komitee het sewentien logstate vir die tweede been van die SARL Nasionale Velddag ontvang wat oor die naweek van 8 en 9 September 2018 gehou is. Die uitslae is soos volg:

Klas A - Veldstasie, multi-operateur
1ste die Wes-Rand ARK, ZS6WR - 147 528 punte
2de die Welkom ARK, ZS4WRC - 50 208 punte
3de die Highway ARK, ZS5HAM - 37 920 punte

Klas C - Veldstasie, enkel operateur
1ste Mike Stokes, ZS6AI - 10 836 punte

Klas D - Veldstasie, enkel operateur, QRP
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ - 33 372 punte

Klas E - Ultra Lig Draagbaar
1ste Pieter Jacobs, V51PJ - 14 112 punte
2de Eddie Leighton, ZS6BNE - 1 890 punte

Klas F - Algemene stasies
1ste die Bo-Karoo ARK, ZS3VDK/6 - 16 176 punte
2de Aletta Gaybba, ZR3PA - 8 596 punte
3de Roy Walsh, ZS3RW - 1 944 punte

Die gekombineerde uitslae van die Februarie en September bene

Klas A - Veldstasie, multi-operateur
1ste die Wes-Rand ARK, ZS6WR - 284 808 punte
2de die Highway ARK, ZS5HAM - 164 760 punte
3de die Welkom ARK, ZS4WRC - 112 728 punte

Klas C - Veldstasie, enkel operateur
1ste Mike Stokes, ZS6AI - 10 836 punte

Klas D - Veldstasie, enkele operateur, QRP
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ - 33 372 punte

Klas E - Ultra Lig Draagbaar
1ste Pieter Jacobs, V51PJ - 14 112 punte
2de Eddie Leighton, ZS6BNE - 4 770 punte

Klas F - Algemene stasies
1ste Bo-Karoo ARK, ZS3VDK/6 - 36 216 punte
2de Aletta Gaybba, ZR3PA - 8 596 punte
3de Roy Walsh, ZS3RW - 2 424 punte

Die volledige uitslae is op die SARL-webwerf onder "Contest Results."

DIE MAGALIES RAK ALGEMENE JAARVERGADERING

Die Magalies Radioamateurklub het op 15 September 2018 hul AJV gehou en tydens die byeenkoms is die volgende komiteelede gekies:

Voorsitter, Sekretaris en Tegniese: Thys Maree, ZS6MJM.
Ondervoorsitter: Chris van Eeden, ZS6CVE.
Tesourier: Pieter Myburgh, ZS6PAM.
Redakteur Teenspanning: Coba Maree, ZR6CMA.
Bulletin Koördineerders: Helgard Honiball, ZS6HON en Richard Peer, ZS6UK.
Sosiale koördineerder: Kleingert Horn, ZS6HRN.

Baie gelukwense aan die nuwe komiteelede. Baie dankie ook aan diegene wat verlede jaar gedien het en vir hul bydrae tot die klub.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die dag-en-nag ewening hier kan amateurs veral met sonsopkoms en sonsondergang moontlike goeie openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek vir die volgende paar weke:

29 en 30 September - die CQ Wêreld Wye RTD kompetisie
1 Oktober - die sluitingsdatum vir Afrika Alle Modus logstate en Klubs om vir die BHF-dag te registreer
4 Oktober - die SARL 80 m QSO Geselligheid
6 Oktober – die Oos Rand Tak snuffelmark en die AWA AM Buis QSO geselligheid
7 Oktober – die AWA ESB Buis QSO geselligheid
9 Oktober – die Provinsiale skole open
11 Oktober – die sluitingsdatum vir die 80 m QSO geselligheid logstate
13 Oktober – die Oktober Radio Amateur Eksamen en die SARL Lente QRP kompetisie
14 tot 20 Oktober - Kry Jou Park Op Die Lug Gebeurtenis
19 tot 21 Oktober – Jamboree op die Lug
20 Oktober – CQ Hou Koers en die SARL BHF Dag by die NARS


Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

DIE SARL 80 M QSO GESELLIGHEID DONDERDAGAAND

Die doel van die 80 meter QSO Geselligheid is om 'n belangstelling in en aktiwiteit op die 80-m-band te skep. Dit is slegs 'n foon kompetisie en duur vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 4 Oktober 2018. Slegs frekwensies in die segment 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz mag gebruik word, die segment 3 651 tot 3 699.99 is kompetisie vry. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-sein verslag en jou naam.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003